Is jou kleuter se opvoeding belangrik vir jou?
Skakel ons gerus 074 140 9248 / 083 290 7034

Nethania Kleuterskool Pretoria Oos 
Nursery School - Creche Pretoria East

Ons is 'n lieflike gevestigde kleuterskool akademie in die Pretoria-Oos omgewing. Dit neem slegs tien minute vanaf die hoek van Hans Strijdom en Lynnwood strate om by ons uit te kom. Ons is ook gerieflik naby Tygerpoort Laerskool en CVO skool geleë.

Ons aanvaar babas en kleuters in Pretoria-Oos area, wat insluit: Boschkop, Zwavelpoort, Hazeldean, Silver Lakes, Die Wilgers, Wapadrand, Olympus, Equestria, Lynnwood, Shere, Tygerpoort, Tijgervallei, Mooikloof, Silverstream, Rayton, Cullinan.

Ons bestaan reeds seder 2006 en het gedurende hierdie periode ontwikkel van 'n kleuterskool tot 'n Baba en Voorskool Akademie met 'n uitstekende reputasie. Ons is meer as 'n dagsorg-sentrum en ons kan met trots sê dat ons kinders altyd onder toesig is deur personeel, wie almal 'n Netcare911 Noodhulp-kwalifikasie onder die knie het. Met 'n personeel tot kinder-ratio van 1 tot 5, waarborg ons ons kleuters individuele aandag.

Ons is altyd opgewonde daaroor om ons toekomstige ouers te ontmoet en hiervoor het ons spesiaal spasie gemaak van Maandag tot Vrydag, 09:00 tot 11:00 of 14:00 tot 17:00.

Wil jy weet hoe groot ons speelgrond is of waaruit ons leer-program bestaan?

Bring al jou vrae saam! Kliek hier om ons te kontak.
Read more
Ons benadering

Kleuterskool is 'n tyd vir kleuters om hul liefde vir leer te koester en hul algemene kennis, sowel as hul belangstelling in hul omgewing te verbreed.

Gedurende die eerste vyf jaar van 'n kleuter se lewe word hul denk-patrone vasgemaak, wat uiters belangrik is vir die brein verwerking-spoed van inligting - 'n vaardigheid wat vir die res van hul lewens tot hul voordeel sal strek. Ons skool se uitstekende personeel tot kinder-ratio laat ons toe om behoorlik hieraan aandag te gee.

Ons daaglikse terugvoerings-program help verseker dat beide jy en ons altyd weet wat in jou kleuter se lewe aangaan.

By Nethania Baba tot Voorskool Akademie verstaan ons dat, alhoewel 'n kleuter se vordering en oorgang van kleuterskool na laerskool die doel van kleuterskool is, is dit net so belangrik om vryspel en verbeeldingsvlugte te stimuleer. Die integrasie hiervan met akademie, is dus een van ons fokus-punte.

Jou kind spandeer gemiddeld tussen 45 en 55 ure per week by ons, daarom neem ons ons verantwoordelikheid baie ernstig op.
Ons is groot op spasie

In 'n tyd waar meeste van ons in komplekse woon, het spasie 'n baie waardevolle kommoditeit geword. Kinders kry selde die geleentheid om buite te speel en selfs, in sommige gevalle, om die gras onder hul kaal voete te voel, dus bring ons ons kant deur so bietjie platteland na die stad te bring.

Nethania Baba tot Voorskool Akademie in Pretoria-Oos is geleë reg langs 'n reservaat, waar ons diere-bure woon. Daar woon onder andere koedoes, blesbokke, rooibokke, gebande muishonde, 'n rooikat, nonnetjies-uile en 'n vis-arend. Ons besoek hulle gereeld, tot die kleuters se vermaak.

Ons het 'n groot speelgrond wat op 'n oop-plan basis ontwerp is. Die area is 1180m² groot en sluit 450m² se sandputte in. Dit maak konstante toesig moontlik. Behalwe vir die fietse en fietsbane van 105m vir ons kleuters, is hier op ons werf ook hasies, poue, kapokhoendertjies en marmotte.

Op koue of reënerige dae het ons 'n binnenshuise oop-plan speel-area van 200m², sonder versperrings / mure, waar ons kleuters steeds gedurig onder toesig is.

Skoolgeboue het baie veiligheids glas wat natuurlike lig en lug inlaat. Verskillende klasse op die grondvloer kan saam smelt om een groot vertrek te vorm van ongeveer 160m², met verhitting, indien die weer hul verhoed om vir meer as een dag buite te speel. Ons babakamer is noordelik gebou om heerlike winter-son binne te laat.

Aangesien ons slegs 10km vanaf die hoek van Hans Strijdom en Lynnwood weg is, is ons maklik genoeg bereikbaar deur kleuters van die volgende areas: Pretoria-Oos, Silver Lakes, Hazeldean, Die Wilgers, Wapadrand, Olympus, Equestria, Lynnwood, Shere, Zwavelpoort, Tygerpoort, Teijgervallei, Mooikloof, Boschkop, Silverstreams, Waterlake Farm, Rayton en Cullinan.
Read more
Ons leerprogram in 'n neutedop

  • Ons leerprogram is op die ou kurrikulum gebasseer en ons opvoedings-model se sukses word oral goed ontvang en hoog aangeskryf.
  • Elke kleuter kry individuele aandag.
  • Kleuters help juffrou met daaglikse voorbereiding waar moontlik.
  • Kleuters help maatjies waar nodig.
  • Dissipline word gehandhaaf om te verseker dat kleuters veilig is en dat doeltreffende onderrig daagliks plaasvind.
  • Ons personeel ondersteun ouers om hulle kleuters te help groot te maak.
  • Ons gun kleuters die kans om “self te probeer” of om te “wys hoe” wat die beste manier van leer is. Indien ‘n kleuter kan weergee wat hulle geleer het, het hulle die opdrag bemeester.
  • Daar word 'n gesonde balans gehandhaaf tussen speel en leer.
  • Vanaf 1 tot 5 jaar word denk-patrone vasgemaak en 'n kind se brein-verwerkingspoed word bewerkstellig deur middel van verbeelding en fantasie-spel, wat klein-motoriese ontwikkeling stimuleer.
  • Ons poog om ons kleuters te onderrig soos ons ouers onderrig is, selfstandigheid en verantwoordelikheid gekombineer met 'n liefdevolle, ondersteunende en huislike atmosfeer waar elke kleuter veilig en spesiaal voel.
  • Die leerplan is van so 'n aard dat elke kleuter op sy of haar eie tempo kan vorder sonder om onnodige spanning op die kleuter of ouer te plaas.
  • Reëls word streng toegepas om te verseker dat geen kleuter benadeel word nie.
Share by: