Hoekom ONS?

Wat maak onANDERS?

Nethania Kleuterskool & Voorskool  in Pretoria Oos Gauteng

10 Redes hoekom jy ONS moet oorweeg!

1. Sekuriteit & veiligheid: Daar is ‘n enkele groot motorhek met ‘n toegangskode wat slegs aan die ouers van die Voorskool en Baba Akademie in Pretoria Oos Gauteng beskikbaar gemaak word, met ‘n tweede magneethek by die parkeerarea van die skool wat ouers toegang verskaf aan die skool- en speelgronde binne die veiligheidspallisade. Meeste van ons ouers behoort aan MZT of Conserve (buurtwag) in ons area en indien daar enige noodgeval in die nabye omgewing is word ons dadelik in kennis gestel en sal ons die nodige hulp ontvang. 

2. Persoonlike kontak: Ouers het persoonlike kontak met die personeel en verkry daaglikse, spesifieke terugvoer oor hul kleuter/s se doen en late. Elke kleuter is vir ons uniek, belangrik en spesiaal – hul word inderdaad so te sê soos ons eie kinders, aangesien ons slegs 45 maats per jaar onder ons vlerk neem. 
3. Personeel:kleuter verhouding: Ons personeel-tot-kleuter verhouding is slegs 1-tot-6 wat verseker dat ons topkwaliteit persoonlike aandag aan elke kleuter kan skenk, elke dag. Dit fasiliteer ook ‘n persoonlike verhouding tussen kleuters en hulle onderwysers en assistente: elke kleuter kruip in ons harte in en wanneer hul ekstra toenadering, aandag en liefde benodig is ons sensitief daarvoor en verskaf ons dit met graagte. Indien u kleuter begin siek word tel ons dit ook vinnig op en kan dit vroegtydig onder ouers se aandag gebring word. 

4. Tyd- en kostebesparing: Ons doen al die aankope vir die jaar se kunsmateriale, kos en ander benodighede vir die kleuters en sodoende verkry ons volume-afslag. Ons verstaan meeste ouers is werkend en het nie tyd om elke week die nodige aankope te doen nie, veral nie as daar ook ouer kinders met verskeie buitemuurse aktiwiteite en huiswerkverpligtinge is om te behartig nie. Ons sluit slegs Desember vir skoolvakansies en is dus 226 dae gedurende 2017 oop in teenstelling met meeste ander kleuterskole wat elke skoolvakansie sluit en dus ongeveer 184 dae oop sal wees in 2017.

5. Kwailiteit spyskaart: Ons maak gebruik van ‘n tuisnywerheid om ons gekookte etes voor te brei: dit is vir ons belangrik om elke dag gebalanseerde, smaaklike en gesonde kos te voorsien. Kleuters kry ook daagliks vrugte, groente en waar gepas lekkernye om te verseker dat hulle gesond, gebalanseerde eetgewoontes aanleer.
6. Minimum addisionele kostes: Daar is jaarliks slegs twee addisionele uitgawes buiten die inskrywingsfooi, deposito en maandelikse fooie: 
 Fotogelde: 26 September 2017, ongeveer R150.00 per pakket per kleuter
 Jaareindfunksie: 11 November 2017, ongeveer R120.00 per persoon

7. Kwaliteit van ons grondslagfase: Statisties is die lewensverwagting van ‘n kleuter tans ongeveer 85-105 jaar. Dus is kwaliteit onderrig, wat onder meer die vestiging van goeie maniere, analities/logiese denkprosesse en dissipliene insluit, van uiters kritieke belang. Die sukses van alle toekomstige onderrig word op die grondslagfase gebou en ons is akuut bewus van die erns en lewenslange inpak van ons taak: ons leerplan, ervaring en toewyding verseker ‘n sterk, gebalanseerde grondslagfase wat dividende lewer vir die res van u kleuter se lewe.
8. Kwaliteit en verskeidenheid van opvoedingsmateriale: Ons beskik oor ‘n uitgebreide en diverse versameling van opvoedkundige materiale wat sterk bydrae tot u kleuter se intellektuele ontwikkeling. Dit sluit legkaarte, ruigkrale, ‘n verskydenheid Franke produkte, labarinte, Duplo’s, 3D boublokkies, Storieman verhale, balanseerfietse, kwasse, verf, gom, kryte, swartborde, balle, kegels en veel meer in. Ons wys en bespreek graag dié leermateriaal wat tot kleuters se beskikking is vir huidige en voornemende ouers.  

9. Spasie en verskeidenheid op die speelgrond: Ons groot en uiteenlopende speelgrond bevat onder meer groot houtklimrame, vier glyplanke, drie speelhuisies, drie motors, ‘n vliegtuig, ‘n springmat, ses gewone swaaie, twee pieringswaaie, twee babaswaaie en drie kruipdromme. Daar is ook 105 meter se toegewyde rypad vir ons twaalf “Y-Bikes” en vier skopfietsies. Ons balanseer die daaglikse akademiese kurrikulum met voldoende buitespel om te verseker kleuters ontwikkel liggaamlik, emosioneel en verstandelik so gebalanseerd moontlik. Ons het ook 550m² binnemuurse area om in te speel op koue of reënerige dae – meer as ruim genoeg vir 45 kleuters.
10. Natuurlewe in die stad: Vanaf ons kleuterskool speelgrond kan die kleuters daagliks koedoes, blesbokke en rooibokke sien. Daar is ook hase, poue en hoenders op die skoolterrein. Ons stap ten minste een maal per week 1km om die plot en besoek die dam met kolganse, visarende en ‘n verskeidenheid visse en paddas. 

Share by: